CIM sê ja vir Laerskool Mayville se sport!

CIM sê ja vir Laerskool Mayville se sport!

Quintin Strydom

By CIM glo ons dat dit die klein dingetjies is wat ’n groot verskil maak – veral as dit by ons kinders kom. As ’n familie-onderneming wat deel is van hierdie gemeenskap, is ons super trots om Laerskool Mayville te borg en hul sport te ondersteun, insluitend rugby, hokkie en krieket.

Sport gaan oor soveel meer as net wen en verloor. Dit gaan oor spanwerk, selfvertroue, nuwe vriendskappe en om jou beste te gee. Dis presies hoekom ons graag betrokke is – ons wil help om vir kinders meer geleenthede te skep om te groei, te leer en sommer net hul sport te geniet.

’n Groot dankie aan die onderwysers, afrigters en ouers wat altyd daar is om die kinders aan te moedig en te ondersteun. Julle maak ’n reuse verskil! En aan al die Mayville-spelers: hou aan droom groot, speel met hart en weet ons staan agter julle.

CIM – ’n familie wat omgee, ’n gemeenskap wat saamstaan.

Terug na blog